Filmspan

 

Skrywer & Regisseur en Medevervaardiger
Corne van Rooyen - Red Letter Day pictures

Corne van Rooyen is n vryskut-regisseur en draaiboekskrywer met n honeursgraad in regie en draaiboekskryf aan AFDA. Hy het die regie van meer as 60 ure se inhoud vir onder andere kykNET, SABC, MNET, BBC en National Geographic behartig. Onder STAGE 5 FILMS en sy eie produksiemaatskappy RED LETTER DAY PICTURES, stel hy ook in 2014 sy eerste vollengte film "Hollywood in my Huis" as reggiseur vry. Tans is hy ook in ontwikkeling van sy volgende vollengte prent "Mantis Man", saam met die NFVF se SEDIBA program.

Hy het ook die regie en draaiboeke van verskeie kortprente behartig, insluitend: "Hollywood in my Huis" (Pryswenner: "In die Bos", "Right Eye" filmfees. 13 AFDA awards. Screened: MNET, kykNET) en "Stille waters"  (Screened: SABC 2)​. Vir TV het hy as inhoudsreggiseur op "Kokkedoor" gewerk, asook die regie behartig van die "Davids Family" en "Voyage of Discovery" kortfilm vir Los Angeles Lughawe. Voor dit, het hy as regisseur gewerk op;  "The Ride of Sir Harry Smith (SABC) “The Ride Mongol Derby” ( Series Director - (SABC 3) “Seasons at Terroir” (BBC), TV” (Series Director  - ETV), “The Ride of the Peacemaker” (SABC 3) “Exploring the Vine” (MNET, National Geographic, Discovery) "Lappies die Leeu" (Draaiboekskrywer, kykNET). Hy het ook verskeie korporatiewe en advertensiewerk gedoen vir Kiwi, Cadiz, Shoprite, asook die VUKA-finalis; Dreamfields. Voor dit was Corne hoof van die regie-departement by AFDA. Tans bly hy in Kaapstad, waar hy werk as regisseur en draaiboekskrywer aan sy rolprent en televisieprojekte.

Vervaardigers
Dylan Voogt - Stage 5 Films

Dylan Voogt is een van Suid-Afrika se jongste en mees gesogte Vervaardigers. Hy het al saam met meeste van die Hollywood-ateljees insluitend Universal Pictures, Fox en Warner Bros as ook Verenigde Koninkryk gebaseerde maatskappye soos BBC, Granada TV & MTV Europa gewerk.

Die hoogte punt van sy loopbaan dus ver is Oliver Hermanus se “Skoonheid” die vierde film in Suid-Afrikaanse geskiedenis wat vir die gesogte "Un Certain Regard"-kategorie by die 64 Cannes Filmfees genomineer was. Die film het ook die Queer Palm-toekenning by Cannes verower en het ook talle ander internasionale en plaaslike toekennings ontvang. Die film was ook die amptelike seleksie vir Suid-Afrika se beste buitelandse film voorlegging aan die Academy Awards in 2012.

Voor hierdie het Dylan as mede vervaardiger gewerk aan die Afrika segment van die dokumenter “Samsara”, die opvolg op die veel bekroonde Baraka. Dylan was ook die Lyn-vervaardiger van TheBeautiful Game” (Africa 10) 'n dokumentêr oor die geskiedenis van sokker in Afrika voor die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi. Dylan het met hierdie twee projekte na meer as 11 Afrika-lande oor die vasteland gereis.

Dylan is genooi om deel te neem in die gesogte Berlinale Talent Campus in Februarie 2013.

Met die kennis wat hy oor die afgelope 14 jaar opgedoen het en op die rug van die sukses van "Skoonheid" het Dylan besluit om sy ervaring aan ‘n aantal internasionale en Suid-Afrikaanse film projekte van sy eie toe te pas en het dus Stage 5 Films in 2012 gestig.

Vervaardiger
Saskia Schiel - Stage 5 Films

Saskia het graad gevang by AFDA filmskool, nadat sy 'n beurs van die Mandela Rhodes-stigting ontvang het. Die kortfilms wat sy tydens haar studies vervaardig het, is by filmfeeste regoor die wêreld gespeel, insluitend die geanimeerde kortfilm Mune, wat talle sukses by internasionale filmfeeste behaal het en is plaaslik met die SAFTA toekennig vir die beste animasie in 2011 vereer.

Saskia het vele ondervinding op internaasionale en plaaslike Dokumentêre, TV-reeks en advertensies werk opgedoen vir 'n paar van die grootste produksie maatskappye in Kaapstad, die hoogtepunt van haar loopbaan tot dusver was om  deel te wees van die produksie span wat “Skoonheid” geskep het.

Haar passie bly steeds by die plaaslike filmbedryf en dus het sy die besluit gemaak om haar kennis aan onafhanklike filmprojekte te bring.

Saskia het dus in 2012 saam met Dylan Voogt Stage 5 films gestig met die mik op plaaslike

Uitvoorende Vervaardiger
Vlokkie Gordon – Advantage Entertainment

Vlokkie Gordon is 'n welbekende film produsent in Kaapstad.

Sy het aan die filmskool in Pretoria studeer en daarna het sy vir 'n tydperk ‘n internskap by die Independent Film Centre in Lonehill voltooi, waar sy as 'n assistent beeld en klank-redakteur gewerk het en het uiteindelik aanbeweeg in die dissipline van klankopname en het op verskeie plaaslike TV-dramas en films gewerk.

Vlokkie het later na Kaapstad verhuis.
Sy het in 1995 by Film Afrika aangesluit en het talle internasionale films en advertensies vervaardig. Van die mees merkwaardigste projekte waarby sy betrokke was, is “Mandela: Long walk to Freedom”, “Labrynth” en “Black Sails”. Sy het ook in die rolprentbedryf in LA gewerk. Vlokkie het ook 'n leidende rol in die bemarking van die maatskappy en die plaaslik bedryf  in die VSA en Europa gespeel.

In 2013 het sy 'n nuwe onderneming, Advantage Entertainment, begin waarin sy fokus op die vervaardiging en finansiering van plaaslike en internasionale rolprente en TV-reeks.

Mede Skrywer & Mede-Vervaardiger
Rene van Rooyen - Red Letter Day Pictures

Rene van Rooyen is 'n regisseur, draaiboekskrywer en mede-eienaar van die rolprent maatskappy Red Letter Day Pictures. Sy het 'n BCom Bemarkings graad aan die Universiteit Stellenbosch, asook 'n Ba. Media in Regie en Draaiboekskryf aan AFDA.  Sy het meer as sewe jaar ervaring in skryf en regie aan drama en dokumentêre produksies vir Mzansi, SABC, kykNET en MNET. Sy is ook die regisseur van verskeie kortfilms, insluitende die Silwerskermfilmfees wenner "Nantes" en “The Forgotten Country” as deel van die NFVF Vrou Filmmaker Program.

 

 

Produksie Maatskappy

Stage 5 Films

’n Kreatiewe, hardwerkende en toegewyde produksie-maatskappy wie se passie dit is om die beste moontlike werk en towerkrag uit n projek se talent en span te haal om só kunssinnige, gehalte en winsgewende rolprente te maak.

Stage 5 Films spesialiseer in die ontwikkeling, produksie en die produksie diens van hoë gehalte film en televisie-inhoud. Hulle dokumentêr, Unearthed, is vroeer in 2014 vrygestel en is die eerste Suid-Afrikaanse film om n prys te verower by die bekroonde Sheffield Doc/Fest. Stage 5 Films spog met 'n leisteen van opwindende films vir beide plaaslike en internasionale verspreiding.

Red letter day
Red Letter Day Pictures is 'n Kaapse rolprent maatskappy, gevestig deur man-en-vrou filmmakers; Corne van Rooyen en Rene van Rooyen. Hulle fokus is die ontwikkeling, skryf en regie van oorspronklike inhoud vir films en televisie programme. Met oor die tien jaar se ervaring in die bedryf, het hulle die regie van meer as 120 uur se inhoud vir kykNET, SABC, BBC, National Geographic en MNET, asook verskeie bekroonde kortfilms insluitende die kykNET Silwerkermfees wenner "Nantes", behartig. Hollywood in  my Huis is hulle hoogs verwagte eeste vollgengte film.

Nuutste Tweets

Facebook