Akteurs

Jana van Tonder

Jana van Tonder, 'n vaal muurblommetjie, ken slegs die lewe in n onderstebo- ouerhuis in n behoeftige spoorwegbuurt. Sy put inspirasie uit die 2004 Oscars toe Charlize Theron  gewen het. Dit spoor Jana aan om haar matriekafskeid in haar eie Hollywood-glansgeleentheid te omskep. As aspirant-modeontwerper, het Jana net dertig dae om haar droomrok te maak en om die ideale date wat by die rok gaan pas, te vind.   

 

Christia Visser

Christia is 'n sprankelende en hartstogtelike kunstenaar.  As veelsydige vertolker  is dit haar passie om mense te vermaak hetsy deur toneelspel, dans, sang, stemwerk of skryf.

Haar drama-opleiding begin reeds op die skoolbanke aan die Hoërskool Stellenbosch, waar sy as beste aktrise in die Klein Libertas-teater se skolekompetisie bekroon is vir haar vertolking van Annemie in Poppespel. Christia het 2 jaar  klaar studeer aan die dramaskool ACT in Kaapstad waarna sy in talle professionele produksies nasionaal en internasionaal gespeel het, onder andere Perfect wave film, Shakespeare se Cardenio by Maynardville asook Nicola Hanekom se Land van Skedels wat vier fiesta toekennings ontvang het.  Sy vertolk ook in September 2014 die rol van Lena Aucamp junior in Leon van Nierop se Ballade vir n enkeling film

 Sy het opleiding in klassieke stem onder leiding van Koba Wicomb en dans al vandat sy n agtjarige dogtertjie is. Sy is bedrewe in verskillende dansstyle soos modern, hip-hop, Latyns en baldans.
Doelgerig en Gedrewe is Christia gereed vir nuwe uitdagings en geniet elke projek wat sy aanpak ten volle.

Frikkie Kruger

Frikkie is 'n rebel wat op 'n vintage bromponie rondrits. Tog is hy 'n ou siel. Hy woon aan die verkeerde kant van die spoorlyn en versorg sy geestelik versteurde ouma. Hy is in die geheim verlief op Jana, sy beste vriendin en die meisie wat al die jare langsaan woon. Tog sukkel hy om sy ware gevoelens te wys. Hy dink die matriekafskeid is 'n sinnelose tradisie, maar moet sy trots in sy sak steek om Jana se hart te wen.

 

Edwin van der Walt

Edwin van der Walt is n energieke, doelgerigte en ambisieuse 22-jarige B.Drama-student in sy finale jaar aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het 'n positiewe ingesteldheid en'n passie vir die lewe.

Hy sonder 2013 as die hoogtepunt van sy loopbaan uit. Hy het in twee dramaproduksies van die gevierde regisseur Marthinus Basson gespeel;  die uitdagende hoofrol in Bos en talle rolle in die bekroonde macbeth.slapeloos op die Aardklop-kunstefees. Hy het daarin teenoor die room van Suid-Afrika se toneelspelers gespeel soos Dawid Minnaar, Anna-Mart van der Merwe, Jana Cilliers, Antoinette Kellermann en Stian Bam. Edwin was ook onlangs te sien in Braai wat by die KKNK fees op die planke was en waarvoor hy genomineer was vir 'n Kanna toekenning vir Beste Opkomende Akteur. 

Edwin is ook 'n kranige rugbyspeler en het twee jaar lank vir Paarl Boys High se eerste span uitgedraf. Hy is in sy matriekjaar deur die Sharks-akademie in Durban genader maar het besluit om eeder 'n loopbaan as akteur te volg.

Beatrice van Tonder

Beatrice is 'n eertydse skoonheidskoningin wat haar eie skoonheidsalon vanuit 'n karavaan in haar voorplaas bedryf. Sy probeer haar onvervulde drome uitleef in haar tienerdogter, Jana. Beatrice verpes haar man, Tos. Sy sien hom net as 'n oorlas en blameer hom vir haar swangerskap na hul matriekafskeid.

Tog vind sy die moed om die verlede te aanvaar en haar gesin opnuut te waardeer.

 

Nicola Hanekom

Nicola Hanekom is 'n wydbekroonde aktrise, dramaturg en regisseur vir die afgelope agtien jaar. Hoogtepunte in haar loopbaan sluit in haar gevierde vertolking van die digter Ingrid Jonker in die drama Altyd Jonker as ook 'n hoofrol in die en die veelbekroonde rolprentweergawe van die toneelstuk Faan se trein. Waarnemende toekennings sluit in 'n Standard Bank Golden Ovation en Fleur du Cap-toekenning vir haar self-geskryfde een vrou speel 'Hol "/" Running on Empty. As 'n skrywer en regisseur sluit haar werk 'n reeks ruimtelike teaterstuk  produksies Betésda, Lot, Babbel en mees onlangs' Land van Skedels in. Vir hierdie werk spog sy met elf Kanna-toekennings, agt Fiësta-toekennings, twee ATKV skriftelik toekennings en ​​een Aartvark-toekenning. Haar televisiewerk sluit die vertolking van hoofrolle in gewilde reekse soos Vloeksteen en Erfsondes . Haar onlangse werk op die silwerdoek sluit in Husk, waarvoor sy die Klip-toekenning ontvang het, Taste of Rain en Long Walk to Freedom. Die veelsydige en dinamiese Hanekom is een van die dryfvere in die plaaslike vermaakbedryf.

 

Tos van Tonder

Tos is onlangs afgedank as treindrywer, hy gaan nou deur sy middeljare-krisis. Sy vrou blameer hom steeds dat sy swanger geraak het kort na hul matriekafskeid. Sy tienerdogter steur haar nie veel aan hom nie. Niks het meer betekenis in Tos se lewe nie, behalwe sy toevlugsoord, sy tuin. Hier kweek hy 'n spesiale blom. Die Stargazer wat hy vir die plaaslike blommeskou wil inskryf sodra dit blom.

 

Louw Venter

Louw Venter is n alombekende en geliefde akteur danksy sy vertolking in die komediereeks Corné en Twakkie se Most Amazing Show, waarin hy die titel rol van Corne gespeel het en wat hy ook help skryf het. Venter het die afgelope paar jaar veral gefokus op skryfwerk. Hy was die medeskepper en skrywer van die televisiereeks Rugby Motors. In 2014 het hy ook help skryf aan die draaiboek vir die rolprent Konfetti waarin hy ook gespeel het. Hy sal ook te sien wees oorkant Samuel L Jackson in Kite, en in Jenna Bass se Love The One You Love as ook Alles Wat Mal Is deur die befaamde reigesseur,  Darrell James Roodt.

Hy is ook genomineer vir 'n SAFTA toekenning vir Beste Ondersteunende Akteur vir sy werk in Semi-Soet in 2013 en Beste Akteur vir Die Laaste Tango in 2014.

 

Brandon

Brandon is die hartebreker van die skool. Hy is sexy, sy lyf die ene spiere. Hy is die skool se kampioen-tennisster  en droom om eendag op Wimbledon sy staal te wys. Hy is Jana se droomkêrel, die ou wat aan haar sy by die matriekafskeid moet verskyn, sodat haar Hollywoodstyl-rok behoorlik aftrek kry…Tog voel Brandon vere vir die matriekafskeid, hy wil net sy rughand eksieperfeksie kry.

 

Vilje Maritz

Vilje Maritz se toneelspel  imponeer al sedert sy tienerjare. Sy  deurbraak was  die rol Gys Elo in die gewilde M-Net-sepie Binneland. Sedertdien gaan sy loopbaan van krag tot krag – 'n hoofrol in die Anglo-Boereoorlogdrama Verraaiers, asook in die jeugreeks Liefste Kayla op kykNet en High Rollers op SABC3 en meer onlangs in die televisiereekse Donkerland en  Swartwater waarin hy teenoor Louw Venter speel.

 

Angelique

Angelique is die hoofpoppie van die skool en ook aan die stuur van die matriekafskeid-komitee. Sy kom uit een van die welaf-gesinne in die buurt. Sy weet alles én beter as enigeen en weet presies hoe om mense om haar pinkie te draai. As sy nie haar sin kry nie, word sy baie slinks.

 

Leandie du Randt

Leandie du Randt is 'n energieke, hartstogtelike en lewenslustige aktrise. Sy werk ook as aanbieder, model, stemkunstenaar en seremoniemeester. Sy is op haar gelukkigste as sy mense kan vermaak. Leandie het ook onlangs 'n boek uitegreik gemik op Tienermeisies, getitled "Gemaklik in jou eie Lyf".

Sy was te sien in die gewilde kykNET-reeks Getroud met Rugby. Ander televisie werk sluit in die reekse Vlug na Egipte, die sitcom Moeggeploeg en die sepie, Isidingo en sal binnekort ook in Binnelanders te sien wees. Leandie is ook in 'n hele paar films te sien naamlik Egoli – Die film, Susanna van Biljon, Semi-Soet en Klein Karoo en Die Windpomp.

 

 

Suzy

Suzy is Jana se "'Fairy Godmother". Sy is die trotse bestuurder van 'n suksesvolle materiaal-winkel, sy is onafhanklik, 'n femme fatale, misterieus en verleidelik. Sy is lief vir die mode en die jongste giere. Suzy dink mans word oorskat en het 'n onfeilbare plan om 'n mooi man te verlei. Sy glo nie 'n vrou het 'n man nodig om iets te bereik nie. Sy raai Jana aan om 'n man te gebruik soos 'n handsak vir die matriekafskeid – sy moet net seker maak hy pas by haar skoene.

 

Elana Afrika-Bredenkamp

Elana Afrika-Bredenkamp is een van die mees herkenbare gesigte in Suid-Afrika. Sy het haar onlangs by die ontbytprogram Expresso op SABC 3 aangesluit. Sy is ook bekend as 'n aanbieder van radioprogramme op 5FM, Jakaranda 94.2, 94.5 KFM en as televisieaanbieder op M-Net, Supersport en kykNET. Sy was ook die aanbieder van die onlangse reeks The Road to Miss SA 2014. Haar film rolle sluit in Footskating 101, Spaarwiel en Jimmy in Pienk.

Elana het haar loopbaan begin as Leon Van Nierop se Assistent Film dosent aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie.

Elana is ook 'n ambassadeur vir CANSA en verteenwoordig die liefdadigheidswerk van die Cape Town Carnival.

Sy is 'n slim sakevrou en het haar eie media Consultancy. Haar sakebelange sluit in 'n boetiek wyn etiket, 'n sosiale media-agentskap en ander entrepreneurs projekte.

 

 

Nuutste Tweets

Facebook