“Ek is mal oor die fliek. Dis kraakvars en baie aangrypend”
- Kyker
![]() |
"Hollywood in my Huis" is 'n tienerkomedie met sterk liefdesdriehoekelemte, wat afspeel tydens 2004 se matriekafskeid in Suid Afrika. Dit handel oor 'n doodgewone tiener meisie - Jana van Tonder - wat aan die 'verkeerde kant' van die treinspoor saam met haar disfunksionele ouers bly. Dis wanneer Charlize Theron die Oscar wen, dat Jana geinspireer word om die opkomende matriekafskeid in haar eie "Hollywood Red Carpet" glansgeleentheid te omskep! Intussen verbreek Jana se geheime crush; Brandon, die skool se hartebreker en tenniskampioen, sy verhouding met Angelique - die skool se gewildste meisie. Jana moet nou die moed bymekaarskraap om hom na die dans toe te vra, maar dis net dan wanneer Frikkie - haar beste pel - besluit om sy ware gevoelens vir haar te wys. Die matriekafskeid is net 'n maand weg en Jana het 'n moeilike besluit om te maak tussen haar beste pel... en haar droomkêrel. |
|---|
